Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARLNUUS SONDAG 27 APRIL 2008

U luister na ZS6SRL die amptelike radiostasie van die Suid¬Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word. Oudio is ook beskikbaar via die web www.sarl.org.za, klik op ARMI en volg die koppelings soos aangedui. Vir oudio via Echolink koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie, en vorige bulletins, kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser vanoggend is George, ZS6NE, vanuit Pretoria met herleidings op 28,325, 14,235, 10,130, 7,066 en 3,695 MHz ESB asook, 51,400, 438,825 en 1 297 MHz FM in die Pretoriagebied. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik).

STIL SLEUTEL

Dit is met leedwese dat die Boland Amateurradioklub die afsterwe van Peter Keanley, ZS1W, moet aankondig. Peter is begin April, tydens 'n oorsese vakansie in Spanje, oorlede. Aan sy vrou Georgina en familie ons innige simpatie.

(POUSE)

In vandag se SARLNuus:

RADIOTEGNOLOGIE-IN-AKSIESIMPOSIUM BEHELS `N AANTREKLIKE AANTAL AANBIEDINGS

WEN `N DX-HANDBOEK IN `N VINNIGE OPNAME

RA-EKSAMENNOMMERS OP DIE WEBWERF

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante nuusitems.

RADIOTEGNOLOGIE-IN-AKSIESIMPOSIUM BEHELS `N AANTREKLIKE AANTAL AANBIEDINGS

Die SARL se Radiotegnologie-in-Aksiesimposium, wat op 10 Mei in Duban gehou sal word, behels `n aantreklike aantal aanbiedings. Die simposium sal op die kampus van die Howard Kollege aangebied word en word geborg deur die Skool van Elektriese, Elektroniese en Rekenaaringenieurswese.

`n Nuwigheid in die program is `n internasionale aanbieding via telekonferensie waartydens AMSAT Noord-Amerika se President, Rick Hambly, `n aanbieding sal doen oor amateursatelliete op `n geostasionêre platform.

Volledige besonderhede kan verkry word van www.sarl.org.za, klik op "events" en kies RTA.

WEN `N DX-HANDBOEK IN `N VINNIGE OPNAME

Tydens verlede week se Presidentsnet is die vraag gestel of die Presidentsnet en Integnet na `n ander tydgleuf op Sondae of dalk in die week, verskuif moet word. Na heelwat debattering is tot die slotsom gekom dat die tydgleuf na 19:30, maar steeds op `n Sondag, verskuif sal word. Die algemene opinie is dat die twee programme om die beurt aangebied sal word. Wat is u mening? Stuur gou `n e-pos
aan ARMI, met Presidentsnet en Integnet in die onderwerplyn, en spreek jou voorkeur uit in die boodskap. Stuur dir voor 3 Mei sodat jou mening gedurende die SARL se strategiese sessie op 3 Mei oorweeg kan word.

NUWE WEBBLAD VIR KLUBKOMITEES

Die SARL het `n nuwe webblad vir klubkomitees in die lewe geroep. Dit word genome "ClubTalk" en sluit inligting in wat klubs in hul nuusbriewe, webwerwe en nuusbulletins kan gebruik. Dit sal ook oudiogrepe en ander aflaaibare inligting insluit. Besoek www.sarl.org.za en kies "ClubTalk".

AMATEURRADIOAKTIWITEIT OP MARIONEILAND IN ARTIKEL IN INDUSTRIëLE TYDSKRIF BESKRYF

In die Apriluitgawe van EngineerIT is daar `n artikel aangaande amateurradiobedryf op Marioneiland. Besoek www.sarl.org.za en jy sal die koppeling op die tuisblad vind. Die artikel sluit ook die URL in waar na `n onderhoud met Petrus Kritzinger geluister kan word.

RA-EKSAMENNOMMERS OP DIE WEBWERF

Die eksamennommers en eksamenlokale vir studente wat die RAE op 15 Mei 2008 skryf, is nou beskikbaar op die Onderwys- and RAE-forum op die SARL se webwerf.
Dit is belangrik vir individuele klubs wat die RAE aanbied, om seker te maak dat die kandidate bewus gemaak word van die eksamenlokaal. Van die lokale is gekonsolideer.

Van sekere studente is nog informasie uitstaande, dit sluit ID-nommers, posadresse en roepseine in. Indien die SARL-kantoor nie die uitstaande informasie van die betrokke kandidate betyds ontvang nie, sal daardie kandidate nie die eksamen kan aflê nie. Die ID-nommer is die enigste manier om identifikasie te verifieer.
Studente wat inligting moet voorsien se name is in rooi op die forum aangedui.

Die SARL maak staat op akkurate en korrekte informasie om hulle in staat te stel om die aansoekvorms vir OKOSA te stuur.

Indien u enige hulp nodig het om die uitstaande inligting vir die SARL te stuur, kontak Vee Antal per e-pos na admin@sarl.org.za of kontak haar tussen 09:00 en 13:00, Maandae tot Vrydae by 011 675 2393 of stuur gerus `n e-pos aan Mark Zank na zs6yes@gmail.com.

KOMPETISIENUUS

Die ZS3 / ZS4 40 Meter Naelloop is 'n pretgeleentheid om kontakte tussen radioamateurs in die Noord-Kaap en Vrystaat en die res van Suider-Afrika te bevorder. Dit is 'n foon¬en GG/PSK31-kompetisie op die 40 meterband. Die naelloop is Sondag 4 Mei op die lug vanaf 16:00 tot 17:00 SAT. 'n RS(T) verslag en die provinsie- of landsafkorting word uitgeruil.

Die Antieke Draadloosvereniging se Lamp-QSO-Geselligheid is 'n foonalleenkompetisie op 40 en 80 meter. Verkieslik moet slegs radios met lampe gebruik word. Die AM-QSO-geselligheid vind plaas op Sondag 10 Mei vanaf 16:00 tot 18:00 SAT en die ESB-QSO-geselligheid vind plaas op Sondag 11 Mei ook vanaf 16:00 tot 18:00 SAT.

Volledige besonderhede oor beide kompetisies is beskikbaar is die 2008 SARL Kompetisieboek asook HF Happenings 299.

KLUBNUUS

Die Wesrand Radioamateurklub nooi almal uit na `n snuffelmark wat op Saterdag 03 Mei 2008 om 12:00 sal begin by hul klubhuis te Krotonstraat, Weltevredenpark, Roodepoort. Vir verdere inligting skakel Willem by tel.082 890 6775.

Die Kempton Park Amateurradio Tegniese Vereniging skryf `n kompetisie uit vir die ontwerp van `n nuwe klubwapen. Die ontwerp moet redelik eenvoudig wees aangesien dit op hemde en pette gedruk moet kan word.
Die inskrywingsfooi is R5 en die wenner sal `n SGV-meter ter waarde van R500 ontvang. Die kompetisie is oop vir almal en die sluitingsdatum vir inskrywings is 8 Junie 2008.
Inskrywings kan per e-pos gestuur word aan Clive Reeks (ZS6BT) met adres clive.reeks@netcare.co.za of Vivian Dold (ZS6VD) met adres vivdold@flysaa.com.

Geen laatinskrywings sal aanvaar word nie en komitee sal die wenner aanwys.

Tydens die AJV van die Centurion Amateurradioklub wat op 19 April 2008 gehou is, is die volgende lede tot hul bestuurskomitee verkies:

Voorsitter - Gawie Basson, ZS6GJJ;

Visevoorsitter - Pam Momberg, ZS6APT; Notulesekretaris - Ben Booysen, ZR6ATA; Korrespondensiesekretaris - Pam Momberg, ZS6APT; Tesourier - Pam Momberg, ZS6APT;
Tegnies - Johan Keulder, ZS6CAQ, en Sarel Nienaber, ZS6AC.

Baie dankie aan die uittredende komiteelede en sterkte aan die nuwe komiteelede vir wat voorlê.

HF-VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, rapporteer dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak die komende week baie laag gaan wees. Die geomagnetiese veld sal oor die algemeen onrustig tot aktief wees. Die voorspelde effektiewe sonvlektelling sal gedurende die komende week minder as 5 wees. Die verwagte DX-toestande is goed vir die Noordelike rigtings maar vrotterig vir die hoofsaaklik Noord-Westelike paaie.
15 m en 20 m is die beste keuse vir DX met moontlike 15 en 20 m-openinge vanaf 14:00 SAT na Indië. Kontakte na Australië gaan baie uitdagend wees. Vanaf ongeveer 16:00 is daar moontlike goeie 15 en 20 m-openinge na Europa.
Kontakte met die VSA gaan baie uitdagend wees. 10 MHz lyk na sononder bruikbaar vir die morsekode- en digitale entoesiaste.


Plaaslike toestande gaan gedurende die dag op 40 m goed wees. 30 m behoort gedurende die middel van die dag goeie resultate oor die langer afstande te lewer.
Saans is 80 m die beste keuse. Dit is nou as die donderstorms en staties vir jou 'n kans gaan gee.

Onthou dat hierdie net 'n voorspelling is en dat HF jou steeds kan verras. Skakel jou stel aan,luister en roep ook CQ om seker te maak dat jy deel van die opwinding is.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

1 tot 3 Mei - Spesiale geleentheidstasie ZS6KTS op die lug; 2 Mei - Laaste dag vir insending van mening aangaande Presidentsnet en Integnet;

3 Mei - Wesrandsnuffelmark;
4 Mei - ZS3 / ZS4 40 Meter Naelloop;
5 Mei - Logstate vir Herfs-QRP-naelloop moet in wees. 10 Mei - RTA in Durban;
10 Mei - AM-QSO-geselligheid;

11 Mei - ESB-QSO-geselligheid;
8 Junie - Sluitingsdatum vir inskrywings vir Kempton Park Amateurradio Tegniese Vereniging se klubwapenkompetisie.

SARL nuus nooi klubs en individue uit om nuusberigte wat vir radioamateurs en kortgolfluisteraars van belang is in te stuur. Indien moontlik, plaas nuusberigte in beide Afrikaans en Engels op www.sarl.org.za/newsinbox.asp nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

Die SARL nooi u ook om na die program Amateur Radio Mirror International, wat om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoriagebied met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 590 kHz, te luister. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op ARMI en volg die skakels. 'n Heruitsending vind Maandagaande om 21:00 SAT op 3 215 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings op die nie¬amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga wat deur George, ZS6NE, saamgestel is.

'n Voorspoedige week word aan almal toegewens, 73.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003